Hendrik Potgieter Rd - Ry op Hendrik Potgieter weg van Johannesburg af (wes) verby Clearwater Mall en Cradlestone Mall. Hou reguit aan tot by die T-aansluiting met die R563 (Van Riebeeck Rd). Draai regs en volg die R563 (bly regs by die vurk). Hou reguit op hierdie pad tot dit doodloop in Hekpoort (+-24km). Draai regs op die R560 en ry reguit vir +-1km, en draai links op die R401 (grondpad). Hou met die grondpad en volg die bordjies langs die pad na Steynshoop Valley Lodge.
Ontdekkers Rd - Ry op Ontdekkers weg van Johannesburg (wes) verby Westgate en Princess Crossing en hou reguit aan. Net voor Key West Shopping Centre kruis die pad met die R28. Draai regs op die R28. Vat die eerste afdraai aan die linkerkant om op Robert Broom Dr te klim en draai links. Ry op Robert Broom tot waar dit kruis met Van Riebeeck Rd (R563) en draai regs. Volg die pad verder soos van Johannesburg af.
Let wel:
Die grondpad na Steynshoop het redelik klippe en is nie heelpad gelyk nie. Groter karre, sowel as hatchbacks en sedans behoort nie probleem te hê om die pad te ry nie, maar laer karre mag dalk sukkel.