Akkommodasie


Daar is akkommodasie beskikbaar by Steynshoop vir ongeveer 50 mense. Alle eenhede slaap 2, 4 of 6 mense, en die verblyf per persoon werk gemiddeld uit op so R650pp per nag, maar wissel tussen eenhede.
*NB*: Bookings word deur Brendan en Claudia hanteer en nie deur Steynshoop self nie. Moet dus asb nie besprekings maak deur Steynshoop se website nie

Akkommodasie sluit in:
* Toegang na die hele venue
* Toegang na die fasiliteite wat aangebied word (hike trails, swembaddens, ens)
* "English-style" ontbyt vir 2 oggende
* Bykosse vir die bring-en-braai op die Vrydagaand (vleis en drinkgoed moet self gebring word)

Wanneer eenhede by die venue geboek word, word dit geboek vir die naweek (dus albei aande) en kan nie vir net 'n enkele aand geboek word nie. Indien jy dus net vir 'n enkele aand verblyf soek, sal dit dalk goedkoper wees om akkommodasie naby die venue te boek.

Eenhede word ook in geheel geboek, bv: indien jy as enkele persoon die kleinste eenheid (2-sleeper) vir jouself alleen boek, betaal jy steeds vir die eenheid asof daar 2 mense slaap.

Indien jy verblyf wil boek, dui asb so aan op die bespreking webpage. Wanneer jy aangedui het dat jy verblyf by Steynshoop wil boek, sal jy deur Brendan of Claudia gekontak word om die fyner details deur te gee en die bespreking te finaliseer.

Vir meer inligting rakende akkommodasie by Steynshoop en wat dit behels, Whatsapp gerus vir Brendan op 074 862 4085.

Akkommodasie

Let wel: hierdie form is nie n bevestiging van bespreking nie. Finale besprekings word gedoen deur Brendan en Claudia wie jou sal kontak nadat die form ingestuur is.

Watter aande nodig jy akkommodasie?

(Voorkeur word gegee aan dié wat beide aande van akkommodasie op die venue gebruik wil maak)

Indien jy nie van die venue se akkommodasie gaan gebruik maak nie: